Man gooi vrou met volstruiseier

Phillip Marau Glanville Russell (47) is tot ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou met ‘n volstruiseier gegooi het.

Russel, van Nieu-Seeland, is van aanranding skuldig bevind nadat die volstruiseier sy vrou teen die bors getref het. Russell het glo sy humeur verloor nadat sy vrou se troeteldier vark sy saag, ter waarde van $2 021, beskadig het. Luidens polisieverklarings het Russell sy vrou herhaaldelik versoek om die vark onder beheer te bring, maar toe hy die beskadigde saag gesien het, het hy begin gil en op haar begin spoeg. Die paartjie is al vir 20 jaar lank getroud.

Hy het ‘n volstruiseier gegryp en in haar rigting gegooi. Die eier, wat sowat 1.4 kg weeg, het haar bors beskadig. Alhoewel Russell al telkemale van huishoudelike geweld aangekla is, het sy prokureur gesê dat hy verwag het sy vrou sou die eier vang.

Russell het skuldig gepleit en sal nou sy vonnis uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.