Man hang homself ná hy glo meisie aanval

Argieffoto

‘n 31-jarige man het homself in ‘n boom in Dwaalkraal naby Sannieshof opgehang nadat hy glo sy meisie met ‘n skerp voorwerp gesteek het.

“Die man se liggaam is Saterdag opgespoor. Hy het homself met ‘n tou opgehang,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Na bewering het die oorledene sy meisie tydens ‘n argument met ‘n skêr gesteek voordat hy gevlug het.”

Funani sê die man het gedink die vrou is dood en hy is daar weg met die plan om selfmoord te pleeg. Sy het egter net geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.