Man herleef moord op ouers tydens paroolaansoek

ʼn Johannesburgse man het aan Eyewitness News die pyn beskryf wat hy herleef het nadat hy ʼn paroolaansoek van sy ouers se moordenaars moes teenstaan.

Andrew Anastasiades se ouers, Stellis (70) en Kaluopa (70), is in Augustus 1993 in hulle huis in Edenvale in Johannesburg vermoor. Die gepaar is vermoedelik met komberse en kussings versmoor en daar was verskeie sigaretbrandmerke aan hul lyke. Die gepaar se moordenaars is die doodstraf opgelê, wat later na lewenslank verander is. Volgens ʼn hofuitspraak in 2011 kan die moordenaars nou vir parool aansoek doen. Anastasiades sê sy ouers se moordenaars het geen berou getoon tydens die laaste verhoor nie en moet nie ʼn kans gegun word om ander leed aan te doen nie. Die departement van korrektiewe dienste sê slegs ʼn klein persentasie van diegene wat aansoek doen om parool is wel suksesvol.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.