Man in hof ná skietery by lugmagbasis

SAAF‘n Lid van die SA Lugmag wat by Bloemspruit-lugmagbasis gestasioneer was, het Dinsdag op ‘n aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Korporaal Simphiwe Magudulela (27) het deur ‘n tolk aan die hof gesê hy wil graag vir regshulp aansoek doen. Die saak is tot 10 September uitgestel vir ‘n moontlike borgverhoor.

Maroela Media het Sondag berig een man is doodgeskiet en ‘n ander kritiek gewond ná ‘n skermutseling die oggend omstreeks 02:00. “’n Beampte aan diens het twee kollegas geskiet. Een van hulle is op die toneel dood en die ander is in ‘n kritieke toestand,” het kapt. Harry Nagel, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, Maandag gesê. “Ons ondersoek ‘n saak van moord en een van poging tot moord.”

Brig.gen. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SA Nasionale Weermag, het die voorval bevestig. Hy sê die beseerde SANW-lid is gestabiliseer en sterk aan in die hospitaal.

Mabanga sê die omstandighede wat tot die skietery gelei het word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trippie ·

Moordenaars behoort NIE borgtog te kry nie – skuif verby ontvang R200, die tronk se deure is oop en wag vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.