Man in hof oor kinderpornografie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 37-jarige man het Woensdag in die Barkley-Wes-landdroshof verskyn op aanklag dat hy jongs seuns na sy huis gelok en kinderpornografie vervaardig het.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê die saak is uitgestel tot 7 Februarie wanneer die verdagte om borg sal aansoek doen. Kock sê die verdagte is Dinsdag by sy huis in Newpark, Kimberley in hegtenis geneem nadat die polisie kinderpornografie op die internet gevind het. ʼn 11-jarige seun is by die man se huis gevind ten tyde van sy arrestasie. Kock sê daar is op kinderpornografie beslag gelê. Die man het glo jong seuns van die strate en winkelsentrums af na sy huis gelok, foto’s van hulle geneem en hulle gekry om seksuele dade op mekaar uit te voer. Die verdagte word reeds sedert September 2011 ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.