Nelson Thabo Modupe van Lichtenburg, wat beweer sy gebede het beurtkrag tydens die 2010 Sokker-wêreldbeker verhoed, het in die hof verskyn.
Modupe het R250 miljoen van Eskom geëis. Beeld het Vrydag berig die saak is Donderdagoggend in die Mahikeng-hooggeregshof van die hofrol geskrap. Die hofdokumente was glo nie in orde nie.
Modupe het in ʼn brief aan Eskom aangevoer dat weerlig en wind hoofsaaklik vir beurtkrag blameer kan word. Hy het besluit om tot God te bid en te vra dat daar nie kragonderbrekings moet wees nie. Hy meen Eskom skuld hom R250 miljoen vir die las en vernedering wat hulle gespaar gebly het. -SAPA
Dit is jammer dat so dom sot vir God gebruik.
Hahaha, gelukkig is daar nog lagwekkende nuus ook in Suid-Afrika. Het die ou regtig gedink hy gaan die saak wen?
Absoluut absurd. Dat die regstelsel van ‘n land selfs enige aandag hoegenaamd aan so ‘n sot gee. Plaas bid hy ir die water krisis op Lichtenburg. Dan kan die munisipaliteit hom dalk betaal. Hulle is ook sotte en dus op dieselfde vlak van denke!!