Man in hof wat bid teen kragonderbrekings

gloeilamp 3Nelson Thabo Modupe van Lichtenburg, wat beweer sy gebede het beurtkrag tydens die 2010 Sokker-wêreldbeker verhoed, het in die hof verskyn.

Modupe het R250 miljoen van Eskom geëis. Beeld het Vrydag berig die saak is Donderdagoggend in die Mahikeng-hooggeregshof van die hofrol geskrap. Die hofdokumente was glo nie in orde nie.

Modupe het in ʼn brief aan Eskom aangevoer dat weerlig en wind hoofsaaklik vir beurtkrag blameer kan word. Hy het besluit om tot God te bid en te vra dat daar nie kragonderbrekings moet wees nie. Hy meen Eskom skuld hom R250 miljoen vir die las en vernedering wat hulle gespaar gebly het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rene ·

Hahaha, gelukkig is daar nog lagwekkende nuus ook in Suid-Afrika. Het die ou regtig gedink hy gaan die saak wen?

piet kotze ·

Absoluut absurd. Dat die regstelsel van ‘n land selfs enige aandag hoegenaamd aan so ‘n sot gee. Plaas bid hy ir die water krisis op Lichtenburg. Dan kan die munisipaliteit hom dalk betaal. Hulle is ook sotte en dus op dieselfde vlak van denke!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.