Man in hof wat glo 9-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 46-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ʼn negejarige meisie verkrag het, het Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

“Die verdagte, wat naby die meisie in Kagiso woon, het haar glo na sy huis gelok waar hy haar na bewering verkrag het,” het ao. Solomon Sibiya, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Hy het ná die tyd vir haar R10 aangebied om vir niemand van die voorval te vertel nie.”

Twee bure het die kind se ma Maandag gevra of sy van die beweerde verkragting weet. “Die ma was nie van die voorval bewus nie en die bure het daarop aangedring dat die meisie haar daaroor inlig.”

Die polisie is ontbied en die man is Dinsdagaand by sy huis in hegtenis geneem.

Die man moet volgende week weer in die hof verskyn. Hy bly tot dan in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Sulke goed moet voor ‘n vuurpeloton gesit word en vrek geskiet word. Ons regstelsel het nie die gepaste straf vir die drek nie.

Justi ·

Sluit die vark toe en gooi die sleutel weg. Of beter nog, gee hom vir die gemeenskap.

Kobus ·

Gooi hom in die tronk. Daar sal hy skree en smeek.Verseker gaan dit nie net een daad wees nie, dit gaan aanhou en aanhou. “Gang rape” is vir my so ‘n mooi woord in hierdie omstandighede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.