Man in hof wat glo vrou, kinders met Hindu-voorwerp vermoor

Die Hindu-god Hanuman met 'n gada in sy linkerhand

Die Hindu-god Hanuman met ‘n gada in sy linkerhand

ʼn Man wat glo sy vrou en twee tienerkinders met ʼn tradisionele religieuse voorwerp doodgeslaan het, het Vrydag vlugtig in die Chatsworth-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn.

Die man het glo ʼn gada, ʼn tradisionele Indiese ampstaf wat deur die Hindu-god Hanuman gedra is, gebruik om sy vrou en hul twee tienerkinders, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, te vermoor.

Hul bebloede liggame is Sondag deur die polisie in die gesin se huis opgespoor nadat vriende besorg was omdat hulle nie ʼn gedenkdiens bygewoon het nie. Die man se familie het hom op Oujaarsaand aan die polisie oorgegee.

ʼn Klein aantal betogers het Vrydag die hofverskyning bygewoon.

Landdros Leon Nielsen het die saak tot 10 Januarie uitgestel om die man die geleentheid te bied om vir regshulp aansoek te doen en moontlik ʼn formele aansoek om borgtog in te dien.

Staatsaanklaer Owen Subben het gesê die staat sal die borgtog teenstaan.

ʼn Aantal betogers buite die hof het plakkate rondgeswaai met die woorde “Ons eis geregtigheid” en “Pa’s vermoor nie hulle kinders nie”.

Die drie sal na verwagting Vrydag begrawe word.

Wikipedia verduidelik ʼn gada is ʼn stomp ampstaf of knuppel van Suid-Asië wat uit metaal vervaardig word. Dit bestaan uit ʼn sferiese kop bo-op ʼn handvatsel met ʼn pen aan die bokant. Hanuman word beskryf as ʼn beskermer teen bose geeste en word gedien as ʼn simbool van fisiese krag, deursettingsvermoë en toewyding.

Lees ook:
Ma, kinders met “religieuse voorwerp” doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlene Minderon ·

Die moordenaar was tien teen een gesuip. Drank en dwelms het baie met al die moored uittewaai. Siek verby. Hoekom hanf hy homself nie. Nee nou gaan hy trunk toe en ons die belasting betaler gaan betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.