Man in hof wat met heroïen van R19 miljoen betrap is

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 45-jarige man van Malawi sal na verwagting Vrydag in die Musina-landdroshof verskyn nadat hy glo probeer het om heroïen met ʼn geraamde straatwaarde van R19 miljoen na Suid-Afrika wou smokkel.

“Makunkha Kennedy Manda is op 20 Desember in hegtenis geneem en formeel aangekla van die besit van die dwelmmiddels,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Hy is by die Beitbrug-grenspos in Musina in hegtenis geneem deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

“Die verdagte, ʼn busbestuurder van ʼn bekende Suid-Afrikaanse luuksebusdiens, is met meer as 1 981 gram heroïen-tablette van R19 miljoen betrap,” het Mulaudzi gesê. “Die polisie en doeanebeamptes het die bus van Malawi afgetrek en ʼn soektog deur beamptes en snuffelhonde het tot die ontdekking gelei.”

Mulaudzi het gesê toetse is op die tablette gedoen en bevestiging is ontvang dat dit heroïen is. Die pakkie is aan die narkotika-afdeling van die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

Die man het verlede Vrydag vlugtig in die hof verskyn, maar die saak is met ʼn week uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.