ʼn Man is Woensdagaand in Houtbaai in ʼn grot vasgekeer wat ineengestort het, het die stad Kaapstad se rampbeheersentrum Donderdag gesê.
“Die grot agter die Chapman’s Peak-hotel het ná 23:00 op vier boemelaars ineengestort,” het Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder, gesê. “Die ander drie mans kon veilig ontruim toe hulle besef wat besig is om te gebeur, maar die ander man was ongelukkig vasgekeer.”
Nooddiensspanne is na die toneel ontbied, maar kon hom nie red nie, weens die gevaarlike weersomstandighede wat met swaar reën en stormwind gepaard gaan. “Paramedici sal Donderdagoggend die soektog hervat op die aanname dat die man steeds leef.”