Man in ernstige toestand na honde hom aanval

Foto: ER24

ʼn 57-jarige man is in ʼn ernstige toestand nadat hy Donderdagoggend deur drie honde aangeval is in Northdene buite Pinetown.

Paramedici van ER24 sê hulle het die man gevind waar hy in die straat lê en besorgde inwoners hom probeer kalmeer het. Die man het ernstige beserings aan sy linkerarm opgedoen en het ook bytwonde aan sy gesig en regterbeen opgedoen. Hy is in ʼn ernstige maar stabiele toestand na die hospitaal vervoer. Die man het na bewering langs die pad gestop en deur die honde aangeval toe hy uit sy motor geklim het. Die Malvern polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.