Man in finansiële knyp weens R200 000-vingerfout

ʼn Man van Lenasia sukkel al sedert November om R200 000 van die Johannesburgse stadsraad te verhaal nadat hy dié bedrag per ongeluk elektronies aan hulle oorbetaal het.

The Star het Woensdag berig Tishor Daya het ʼn vingerfout gemaak toe hy sy internetbankdienste gebruik het.

Die R200 000 was vir die Johannesburgse Varsproduktemark bedoel, maar hy het dit per abuis in die Johannesburgse stadsraad se rekening inbetaal. die Johannesburgse stadsraaf is ‘n begunstigde op sy bankprofiel vir die betaal van erfbelastingbelasting vir ʼn huis in Ormonde, waar sy dogter woon.

“Dit is baie frustrerend en plaas my onder groot finansiële druk. Dit is ʼn groot bedrag geld wat net daar in die munisipaliteit se rekening lê. Hulle belowe my elke keer hulle gaan my geld terugbetaal, maar dit gebeur nooit nie. Elke keer as ek hulle bel, is daar ander stories of vereistes,” het hy gesê.

Stan Mapholohela, van stadsraad se finansiële departement, het aan die koerant gesê die stad benodig onbetwisbare feite dat die bedrag geld wel inbetaal is, voor dit terugbetaal kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.