Man in fratsongeluk deur vriende doodgery

ʼn Jong man is dood nadat hy ná ʼn botsing langs die pad gewag het op sy vriende en toe deur hulle omgery is.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die oorledene het glo Sondagoggend beheer verloor oor sy Toyota Run X en teen ʼn muur gebots op Modderfonteinweg in Midrand. Die man, glo in sy vroeë 20’s, en ʼn passasier het vriende gebel om hulle te kom help. Die man en sy passasier het aan die agterkant van die motor op hulle gewag. Banks sê die vriende het glo beheer oor hulle motor verloor toe hulle op die toneel opgedaag het. “Die vriende se motor het agter in die Run X vasgery en die man onder die motor ingestoot en die passasier ook getref.” Die man is op die toneel dood verklaar. Sy passasier het nek- en rugbeserings opgedoen. Banks sê ʼn derde motor het gerol nadat die bestuurder glo beheer verloor het nadat hy die ongeluk gesien het. Die bestuurder is uit die motor geslinger en het ernstige beserings opgedoen. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.