Man in hof na hy glo motorfietsryers doodry

ʼn 31-jarige man wat glo in Oktober verlede jaar twee motorfietsryers met ʼn Hummer doodgery het, sal Woensdag in die Pretoria-Noord streekshof verskyn.

Indi Chiyabu staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy glo op 16 Oktober 2010 vir J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery het. Daar sal na verwagting vandag op ʼn verhoordatum besluit word. Chiyabu het glo vroegoggend op 16 Oktober aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy glo in Kruger, Coetzee en Coetzee se seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het glo aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word. Chiyabu het hom ʼn paar dae na die voorval aan die polisie oorgegee. Hy is egter nie in hegtenis geneem terwyl die polisie die saak ondersoek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

J Grimbeek ·

Is die persoon n Suid-Afrikaanse burger?,het hy n wettige bestuurders-lisensie(/internasionale-lisensie)?, hoekom is hy nie onder arres/ borgtog nie?(verwys na Dub-Dub)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.