Man in hof na hy glo vrou met graaf aanval

ʼn 34-jarige man het Donderdag in die Port Alfred landdroshof verskyn nadat hy glo ʼn 83-jarige vrou met ʼn graaf aangeval het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Mali Govender, sê Heinrich Plaatjies is Woensdagoggend omstreeks 01:00 in Kenton on Sea in hegtenis geneem. Hy word aangekla van poging tot moord en roof. Die saak is tot 15 Desember uitgestel wanneer Plaatjies om borg sal aansoek doen. Plaatjies het glo op 9 Oktober vanjaar na die vrou se huis gegaan waar hy vroeër as ʼn verwer gewerk het. Hy het glo aangedring op betaling. Toe die vrou sê sy het nie kontant by haar nie het Plaatjies glo aggressief geraak en haar erg aangerand met ʼn graaf. Die vrou is later deur die buurman se kinders gevind waar sy in erge pyn gelê het. Sy was vir langer as ʼn maand in die hospitaal. Govender sê die vrou is steeds in ‘n brose staat en bly saam met naasbestaandes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.