Man in hof ná hy vrou verwurg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 49-jarige man van Noordwes verskyn Donderdag in die Stilfontein-landdroshof nadat hy glo ʼn 39-jarige vrou van die dorp verwurg het.

“Dorah Medupe se liggaam is Maandagaand, 3 Februarie in haar huis aangetref,” het sers. Kelebogile Moiloa, ‘n polisiewoordvoerder, Maandag gesê.
“Die polisie het haar liggaam in die gang van haar huis aangetref, met ʼn serp om haar nek. Haar familie het onraad vermoed nadat sy nie haar kind by die kleuterskool gaan oplaai het nie, en ook nie op oproepe reageer het nie. Hulle is na haar huis en het haar deur oopgebreek.”
Letlatsa Tshabalala is kort na die voorval in hegtenis geneem en het sy eerste hofverskyning op 7 Februarie gemaak. Hy gaan na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.