Man in hof oor hospitaal-aanvalle

GF Jooste-hospitaal

GF Jooste-hospitaal

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy vroue buite die GF Jooste-hospitaal in Kaapstad ontvoer, beroof en verkrag het, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Die man sal op 14 Maart weer in die hof verskyn vir ʼn voorverhoorkonferensie. Volgens hofdokumente het die man glo tussen 2012 en 2013 gereeld buite die hospitaal in Manenberg staan en wag vir ʼn rygeleentheid.

Die man word beskuldig van misdade teen ses vroue. Hy het die oggend van 22 Mei 2012 glo ʼn vrou, wat op pad was na die hospitaal, verduidelik daar is ʼn korter roete. Hy het daarna glo gedreig om haar met ʼn mes aan te val en hy het glo haar selfoon en geld gesteel. Sy is daarna glo gedwing om haar klere uit te trek en sy is verkrag.

ʼn Vrou, wat vyf maande swanger was, was op 7 Augustus 2012 ook op pad na die hospitaal toe die man haar glo met ʼn mes gedreig en na ʼn nabygeleë veld geneem het. Hy word daarvan beskuldig dat hy haar verkrag en ook haar selfoon en geld gesteel het.

ʼn Vrou wat in daardie stadium drie maande swanger was, is ʼn week later glo op dieselfde wyse aangeval.

ʼn Verpleegsterstudent is in September 2012 met ʼn mes gedreig en haar selfoon en geld is gesteel. Die man het haar glo met sy vuiste bygedam voordat hy van die toneel gevlug het.

Twee ander vroue is ook op ʼn soortgelyke wyse gedreig en beroof.

Die man word glo deur selfoondata, uitkenningsparades en forensiese bewyse aan die misdade verbind. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.