Man in hof oor hy glo Zuma se vrou dreig

Pres. Zuma saam met sy vrou Nompumelelo. Foto: GCIS/SAPA

Pres. Zuma saam met sy vrou Nompumelelo. Foto: GCIS/SAPA

ʼn Man van Tanzanië is in hegtenis geneem omdat hy gekla het oor een van president Jacob Zuma se vroue wat hom dreig, het die Camperdown-landdroshof in Durban, KwaZulu-Natal Woensdag gehoor.

Só het Steven John Masunga, wat tereg staan op aanklagte van intimidasie, getuig tydens sy borgverhoor. Die hof het vroeër die dag van ʼn polisiegetuie gehoor dat Masunga vir Nompumelelo Ntuli gedreig het met ʼn bewering dat Zuma nie die pa van een van haar kinders is nie. Masunga beweer egter dat hy in hegtenis geneem is nadat hy by die polisiehoof in KwaZulu-Natal gekla het oor dreigemente wat hy glo van Ntuli ontvang het. Masunga sê hy het eers met ʼn senior polisiebeampte hieroor gepraat waarna hy na lt.genl. Betty Mmamonnye, KwaZulu-Natalse polisiehoof, verwys is. “Dit het my nie gehelp nie. Aan die einde van die dag is ek in hegtenis geneem. Ek was kwaad aangesien ek die een is wat dreigemente ontvang het.” Die polisie het nie ʼn saak teen Ntuli geopen nie ondanks Masunga se klagtes.

Die aanklagte teen Masunga kom nadat Ntuli ʼn klag gelê het. Ntuli beweer dat Masunga haar probeer dwing het om vir hom ʼn sakevergadering met pres. Zuma te reël. Masunga het aan die hof gesê dat hy ʼn goeie vriend van Ntuli is. “Sy is ʼn baie oulike dame. Daar is baie dinge wat ek van haar weet as ʼn vriend.” Brig. Clifford Marion, hoof van KwaZulu-Natal se speurdienste, sê Masunga het talle dreig SMS’e aan Ntuli gestuur. Op ʼn vraag van landdros Thys Taljaard om meer spesifiek te wees oor die SMS’e het Marion geantwoord: “Die beskuldigde beweer dat die kind wat van die klaer [Ntuli] gebore is nie die kind van die Suid-Afrikaanse president is nie.” Marion sê die staat staan borgtog teen aangesien Masunga nie ʼn gereelde inwoner van Suid-Afrika is nie. “Hy sal Tanzanië toe gaan en nie terugkom nie.” Die borgverhoor duur voort.

Lees ook:
Man vas oor hy Zuma se vrou glo afpers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Plaas dat sy minder dreig en minder vreet. Goedtste hel maar sy is uitgevreet.

Johanna ·

Lag my ‘n papie. Het julle nie beter nuusberigte nie? Of raak Maroela nou ‘n “grappies” koerant?

Eben ·

Hoekom word ons kommetaar verwyder? Daar is niks goeds wat ons kan se van zumie se vrou

Grassie ·

Miskien raak ou Zoempies se asem `n bietjie kort vir die baie vrouens, dan moet die vrinne maar inspring en help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.