Man in hof oor lyk in kas

ʼn Vrystaatse man het Donderdag in die Bethlehem landdroshof verskyn nadat die lyk van ʼn vrou glo in ʼn klerekas in sy huis gevind is.

ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Majang Skalkie, sê Christian van Wyk (39) is op borgtog van R3 000 vrygelaat en sal weer op 14 Mei in die hof verskyn. Skalkie sê identiteit van die vrou is nog nie vasgestel nie. Van Wyk is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die vrou se lyk glo in ʼn klerekas in sy woonstel in Bethlehem gevind is. Sy was volgens berigte naak. Skalkie sê die oorledene het geen sigbare beserings gehad nie. Die vrou was moontlik ʼn prostituut.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.