Man in hof oor naakte lyk

‘n Werknemer van ‘n begrafnisondernemer wat by ‘n kantoor van binnelandse sake met ‘n naakte lyk in sy voertuig opgedaag het, het Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn.

Inwoners het die Ekurhuleni-metropolisie Dinsdag ontbied toe hulle ‘n Toyota Condor met ‘n naakte lyk daarin buite die departement van binnelandse sake se kantoor in Katlehong opgemerk het. “Beamptes van die Katlehong-kantoor het vinnig op die klag reageer en die bestuurder van die voertuig, wat vir ‘n sterftesertifikaat staan en wag het, in hegtenis geneem,” het hoofsup. Wilfred Kgasago, gesê.

Beamptes het beslag gelê op die voertuig en die liggaam is na die nabygeleë staatlykshuis in Germiston geneem.

Die man, ‘n werknemer by ‘n begrafnisondernemer in Tembisa, het aan beamptes gesê hy het vergeet om die lyk te bedek en het by die departement se kantoor gestop om ‘n sterftesertifikaat te kry voordat hy die lyk na Tembisa sou vervoer.

“Die man is aangekla kragtens ‘n regulasie wat verband hou met die bestuur van menslike oorskot soos vervat in die Wet op Nasionale Gesondheid van 2003.”

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berita Drescher ·

Wat sal volgende wees. Daar is net geen respek vir n liggaam nie …. dis absoluut verskriklik. Hoe kan enige iemand so iets so oop en bloot vervoer…dit wys net dat daar geen menslikheid is nie.

Marlene ·

Dit verbaas my glad nie.Dis mos afrika standaarde in hierdie donker sa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.