Man in hof oor skoolverkragtings

ʼn Man wat daarvan aangekla word dat hy 10 skoolseuns verkrag het, het Maandag in die streekshof in Mankweng verskyn, het die polisie in Limpopo gesê.

Konstabel Moses Molepo het gesê die saak is tot 27 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Die man, wat as ʼn sekuriteitswag aangestel is, word daarvan verdink dat hy gedurende 2010 en 2011 tien skoolseuns tussen 8 en 10 jaar oud verkrag het. Die man is verlede jaar in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding. “Na bewering het die man die seuns een vir een na die bosse gelok om na troeteldiere te soek. Hy het die seuns glo in die bosse verkrag,” het Molepo gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.