Man in hof vir moord op bejaarde Paarl-egpaar

Erka Rousseau

ʼn 39-jarige man het Maandag in die Paarl-landdroshof verskyn in verband met die gru moorde op ʼn bejaarde egpaar van Wellington in die Kaapse Wynlande verlede week. Die egpaar, Daan (71) en Erka (70) Rousseau, is ook Maandag ter ruste gelê, het die Cape Argus Dinsdag berig.

Die Rousseaus is verlede week in hul huis vermoor. Lt.kol. Thembinkosi Kinana sê die egpaar se lyke is in hul slaapkamer gevind. Hul hande is agter hul rûe vasgebind. Plastieksakke is oor hul koppe getrek en die polisie vermoed hulle is gewurg en versmoor.

Zuko Tisana (39) is ‘n dag na die voorval in hegtenis geneem nadat ‘n selfoon van die egpaar in sy besit gevind is.

Die saak is tot 24 Mei uitgestel vir verdere ondersoek en wanneer Tisana vir borgtog gaan aansoek doen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.