Man in hof vir ontvoering

Jacolene Vermeulen

ʼn 36-jarige man sal Donderdag in die Ermelo landdroshof verskyn op onder meer aanklagte van ontvoering en seksuele aanvoorwerk.

Die aanklagte hou verband met Jacolene Vermeulen (13) wat verlede week vermis geraak en gister opgespoor is. Vermeulen is verlede Woensdag die laaste keer gesien by die Laerskool J.J van der Merwe in Ermelo waar ʼn maat glo gesien het hoe sy in ’n wit Isuzu-bakkie klim. Sy is Dinsdagaand by ʼn huis in Marlothpark naby Komatipoort opgespoor en die man is in hegtenis geneem. Hy word ook aangekla van oortreding van ʼn hofbevel, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Vermeulen is in die sorg van welsynbeamptes geplaas. Die polisie het vroeër na Riaan Roberts gesoek omdat hy hul moontlik met die ondersoek kon help. Hy is Vermeulen se stiefpa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.