ʼn Man van Kaapstad het Maandag in die hof verskyn vir die verkragting en moord op ʼn vyfjarige dogtertjie oor die feesgety.
Charles “Bhuti” Makgetha (39) het in die Khayelitsha-landdroshof verskyn vir die moord op Lilitha Mgwebi, berig die Daily Voice.
“Die verdagte het erken dat hy die slagoffer verkrag en vermoor het,” het Phelan Stuurman, staatsaanklaer, gesê. Mgwebi is die laaste keer gesien toe sy saam met maatjies buite haar huis in Groenpunt gespeel het. Haar erg ontbinde liggaam is verlede Dinsdag in ʼn plakkershuis, langs haar ouerhuis, gevind. Makgetha het na dié plakkershuis omgesien.
Makgetha het glo aan sy regsverteenwoordiger gesê hy wil nie die hof se tyd mors nie en so gou moontlik gevonnis word sodat hy sy tronkstraf kan begin uitdien.
Die saak is tot 28 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.