Man in hof wat glo motorfietsryers doodry

ʼn 31-jarige man wat glo in Oktober verlede jaar twee motorfietsryers met ʼn Hummer doodgery het, het Woensdag vlugtig in die Pretoria-Noord landdroshof verskyn.

Indi Himalindi Chiyabu staan tereg op twee aanklagte van strafbare manslag nadat hy glo op 16 Oktober verlede jaar J.P. Kruger (32) en Pieter Coetzee (60) doodgery het. Die saak is uitgestel sodat Chiyabu se regsverteenwoordiger, Rudolph Mogashoa, al die bewysstukke van die staat af kan kry. Chiyabu het vroeër die maand vir die eerste keer in die hof verskyn na die voorval. Chiyabu het glo vroegoggend op 16 Oktober aan die verkeerde kant van die pad gery toe hy glo in Kruger, Coetzee en Coetzee seun, ook Pieter, vasgery het. Die Hummer het glo aan die brand geraak en Chiyabu het na bewering van die toneel gevlug. Coetzee sr. en Kruger is op die toneel dood. Coetzee jr. se regterbeen moes bo die knie geamputeer word. Chiyabu het hom ʼn paar dae na die voorval aan die polisie oorgegee. Hy is egter nie in hegtenis geneem terwyl die polisie die saak ondersoek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.