Man in hof wat glo petroljoggie met plank doodslaan

Lebeeq Manan, wat daarvan verdink word dat hy ʼn petroljoggie in Kaapstad met ʼn plank doodgeslaan het, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen.

Manan (30) se formele borgtogaansoek is egter tot 2 Julie uitgestel aangesien die hoofrol te vol was.

Maroela Media het vroeër berig Manan het in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn nadat hy glo Lawrence Mandipazano (34) op 4 Junie by die Lentegeur-vulstasie met ʼn plank aangerand het. Manan het homself glo vir Mandipazano vererg, omdat Mandipazano nie brandstof in sy voertuig wou gooi nie, want die vulstasie het ʼn beleid om eers geld te ontvang alvorens brandstof ingegooi kan word. Manan het in sy BMW van die vulstasie weggejaag en later terug gekeer en Mandipazano met ʼn plank geslaan. Mandipazano het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Lees ook:
Petroljoggie met plank doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kaspaas ·

Dit is so onnodig – iewers is daar nou ‘n kind sonder ‘n pa, en ‘n pa sonder ‘n seun of ‘n vrou sonder ‘n eggenote.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.