Man in hospitaal na bye hom aanval

bye-320x256ʼn Man is in ʼn Bloemfonteinse hospitaal opgeneem nadat hy Donderdag deur ʼn swerm bye aangeval is.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die man het in Donald Murrayrylaan in Park West geloop toe die swerm bye hom buite ʼn besigheid aangeval het. “Werknemers van die onderneming het gesien die man is in die moeilikheid en het paramedici ontbied,” het Vermaak gesê.

Die man is verskeie kere aan sy bolyf gesteek. Hy is na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.