ʼn Man in sy sestigs is Maandag ernstig beseer nadat hy deur twee mans by sy huis in Wilro Park, Roodepoort, aangeval is.
Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die verdagtes die man se huis betree en hom herhaaldelik met ʼn stomp voorwerp op sy kop geslaan. “Die man het veelvoudige kopbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na die Krugerdorp-hospitaal vir verdere behandeling geneem.”
Die Roodepoort-polisie ondersoek die voorval.