Man in Kaapstad met buiteband verbrand

Argieffoto

Die verkoolde liggaam van ʼn onbekende man is Maandag in die vroeë oggendure in Kaapstad gevind.

Kaptein Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die polisie is omstreeks 02:00 na ʼn toneel oorkant die Chris Hani-treinstasie in die Nkanini informele nedersetting ontbied nadat ʼn voetganger op die liggaam afgekom het.

“Drade van ʼn buiteband is op die toneel gevind wat daarop dui dat die man dood is as gevolg van ʼn buiteband wat aan die brand gesteek is,” het Van Wyk gesê.

Die motief vir die moord is in die stadium nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie versoek enigiemand met inligting oor die voorval om hulle te skakel by 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.