Man in Klerksdorp aangeval

Argieffoto

‘n 43-jarige man is Saterdag in Klerksdorp in Noordwes met ‘n skerp voorwerp doodgesteek.

“Die man se liggaam is Saterdag in die straat in Alabama opgespoor,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die oorledene het twee steekwonde aan sy rug gehad. Volgens ons inligting is hy met ‘n mes gesteek.” Sy sê daar is een ooggetuies nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.