Man in Magaliesberg ook deur bye aangeval

Argieffoto

ʼn Man van Magaliesberg moes Donderdagmiddag met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word nadat hy deur ʼn swerm bye aangeval is.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê ʼn 47-jarige man is in Costaweg deur die bye aangeval. Dit is nog nie seker wat veroorsaak het dat die bye hom aangeval het nie. “Hy is op die toneel gestabiliseer en moes met ʼn helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem word,” het sy gesê.

Dié voorval volg ʼn dag nadat ʼn swerm bye vier mans op ʼn gholfbaan in Pretoria aangeval het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.