Man in polisiesel vermoor

Twee in hof na hulle glo man in polisiesel vermoor. Lees die berig hier.

Eben Meyer (47) is na bewering Saterdag in ʼn polisiesel vermoor nadat hy weens openbare dronkenskap in hegtenis geneem is.

Die Burger berig dat Meyer Saterdagoggend om 01:00 in Durbanville deur die polisie in hegtenis geneem is vir openbare dronkenskap. Hy het glo by die Stones-kroeg in Durbanville gekuier nadat hy en sy verloofde glo ‘n rusie gehad het. Hy is volgens die polisie saam met agt ander mense wat ook onder die invloed was, in ’n sel aangehou. Meyer is glo omstreeks 01:30 deur twee mans in die selle aangerand. Hulle het hom na bewering herhaaldelik geskop en geslaan. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Andre Traut, sê Meyer het aan sy beserings beswyk. Die twee mans sal Dinsdag in die Bellville landdroshof verskyn op aanklag van moord. Meyer laat drie dogters, Naomi (24), Sonika (22) en Inge (17) agter. Hy het ook ʼn kleinseun Marko (2).

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mike ·

Hierdie polisiemanne aan diens moet vir aandadigheid aan moord aangekla word. As jy in hegtenis geneem word op watse klag ookal, is jy die polisie se verantwoordelikheid.

pietermyn ·

ek beplan n one man protest by die d’ville saps vrydag 8 am. Crimes towards humanity.

Paul ·

Dis tog ironies dat mense wat (met reg!) ontsteld is hieroor, entoesiasties sal verkondig hoe dit uitstekend is dat “Pappa vir misdadigers wag!” in die tronk.
‘n Voorval soos hierdie maak dit hopelik duidelik aan sulke mense dat gevaarlike en haglike toestande in tronke nie ‘n positiewe ding is nie, hoe groot die lus vir wraak teenoor misdadigers ook al is.

Toubs ·

Daar is oral sekuriteits kameras in sentrale besigheids areas en nog. Hoekom nie in polisieselle nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.