ʼn Moslem-man is na bewering in Magaliesburg deur twee mans doodgeslaan nadat hulle hom oor sy baard gespot het.
Mohammed Fayaaz Kazi (27) was Maandag saam met ʼn vriend van sy pa, Anser Mahmood, by ʼn kitskosrestaurant toe die voorval plaasgevind het.
“Twee mans het Kazi ‘Osama Bin Laden’ genoem,” het Mahmood Woensdag gesê.
ʼn Stryery het in die restaurant ontstaan waarna al vier mans uit die restaurant gejaag is.
Buite het die twee verdagtes vir Mahmood met ʼn onbekende voorwerp bewusteloos geslaan. Kazi is oor die kop geslaan.
Kazi is na die voorval van een hospitaal na ʼn ander verplaas, voor hy by ʼn hospitaal in Potchefstroom aan sy beserings beswyk het. Hy is Dinsdag begrawe.
ʼn Saak van moord is by die Potchefstroom-polisiestasie aanhanging gemaak.
– Sapa