Man jaag glo omdat neef jaag

ʼn 55-jarige man is Sondag op die N1 in hegtenis geneem vir ʼn spoedoortreding nadat hy glo gejaag het om borg vir ʼn familielid te betaal wat vroeër die dag ook vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die man het teen 164km/h in ʼn 120km/h-sone gery toe hy in hegtenis geneem is. Minnaar sê die man was glo op pad om borg te gaan betaal vir sy 54-jarige neef wat vroeër die dag vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem is. Die neef is in hegtenis geneem nadat hy teen 166km/h gery het. Albei mans sal Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

Intussen is ʼn vrou Saterdag op die N1-noord naby Alexandra in hegtenis geneem nadat sy teen 190km/h vasgetrek is. Minnaar sê die vrou het nie vir metropolisiebeamptes gestop nie en is ʼn ent verder naby die Woodmead-afrit deur beamptes voorgekeer en in hegtenis geneem. Sy sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.