Man jaag glo oor vermiste kind

ʼn 33-jarige man is Sondagaand op die N12 naby Westonarea in hegtenis geneem nadat hy teen 183km/h in ʼn 100km/h-sone vasgetrek is.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die Gautengse verkeerspolisie, sê die man het aan verkeersbeamptes gesê dat hy op pad was om te help soek na sy vermiste kind. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat en sal Maandag in die Westonarea-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose bestuur en oortreding van die spoedgrens.

ʼn 39-jarige man is Sondagoggend op die N1 in Midrand in hegtenis geneem nadat hy teen 211km/h in ʼn 120km-h-sone vasgetrek is. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die man het aan verkeersbeamptes gesê dat hy haastig op pad was na sy huis in Centurion en dat hy teruggekeer het van ʼn nagklub in Sandton. Die man is op borgtog van R1 500 vrygelaat en sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louise Bruwer ·

Sulke ouens maak lekker gemors vir mense wat werklike nood mag ondervind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.