Man jaag want sy ma is glo dood

Argieffoto

‘n 28-jarige motorfietsryer is Sondag op die N14-snelweg naby Muldersdrift in hegtenis geneem nadat hy glo die spoedgrens verbreek het.

Die man het teen 187 km/h met sy Honda CBR 1000 gejaag, het Busaphi Nxumalo, woordvoerder vir die verkeerspolisie in Gauteng, gesê. “Hy het beweer sy ma is dood en dat hy na haar huis in Pretoria op pad was,” het Nxumalo gesê. “Nadat ons dié inligting opgevolg het, en verskeie familielede geskakel het, kon niemand bevestig of dit inderdaad die geval is nie,” het sy bygevoeg.

Die man is in hegtenis geneem en na die polisiestasie in Muldersdrift geneem waar hy formeel van roekelose en nalatige bestuur aangekla is en dat hy die algemene spoedgrens van 120 km/h verbreek het. Hy is op R1 500 borg vrygelaat en sal Maandag in die landdroshof in Krugersdorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.