Man, kinders sterf in botsing

ʼn Man en twee kinders is dood en drie mense is beseer na ʼn botsing Sondagaand in Midrand.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die man en twee kinders, ʼn vierjarige seuntjie en agtjarige meisie, is dood nadat die motor waarin hulle gery het teen ʼn ander motor gebots het op die K111 in Midrand. Die bestuurders val albei motors is beseer. Minnaar sê die botsing het omstreeks 22:00 Sondagaand plaasgevind. Hy sê ʼn derde motor het teen die ander motors gebots en die bestuurder van die motor is ook beseer. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.