Man, kinders sterf in ongeluk

ʼn Man en twee kinders is dood nadat ʼn minibustaxi en twee motors Maandag op die M4 buite Umhlanga, KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê ʼn eenjarige meisie en ʼn 18 maande oue babaseuntjie is in die ongeluk dood. Hy sê vier mense is in die ongeluk beseer. “Een persoon is kritiek beseer en is per helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal vervoer terwyl die ander beseerdes per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is.” Botha sê die pad was teen 18:00 Maandagaand steeds gesluit. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.