Man kla Spur aan oor ribbetjies

yellow-wood-spur-1317544814’n Man het die Spur-restaurantgroep by die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (GRS) aangekla oor die restaurant se 200g ribbetjies wat volgens hom in der waarheid nie soveel weeg nie.

Die GRS het egter die klagte verwerp en sê Spur se advertensie is nie misleidend nie. Lyndon van Wyk beweer hy het die ribbetjies geweeg en dat dit slegs 130g geweeg het. Toe hy navraag daaroor gedoen het, is hy glo ingelig dat dit geweeg word wanneer dit rou is. Van Wyk het die klag by die GRS aanhangig gemaak oor Spur se spyskaartbord wat Dinsdae ʼn 200g ribbetjie en vier hoendervlerkies aanbied vir R49,95. Die Spur-groep het geantwoord hul gehaltebeheerstelsel verseker dat die korrekte produkte en gewig aan kliënte bedien word. Vertroulike inligting is ingedien om dié punt te illustreer. Spur sê hoewel elke moontlike stap geneem word om te verseer dat sy produkte volgens die spesifikasies op bemarkingsmateriaal gemaak word, dit kan wees dat ʼn verkeerde porsie gaar gemaak en bedien is weens ʼn menslike fout. Die restaurant-groep het gesê die gewigte word geklassifiseer vir die rou vleis, aangesien kliënte se voorkeur vir hoe dit gaargemaak moet word, uiteindelik tot ’n verskil in gewig sal lei. ’n “Blou” biefstuk weeg dus meer as een wat goed gaargemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter Mans ·

Ek kan die man glo ek het ook dieselfde ondervinding gehad dus was dit ook n menslike fout. Herken eerder en stel reg as om verskonings te soek

Eben ·

Jaaaaa Spur julle was gelukkig. Glo my ek het baie keer daar geeet dan weet ek voor my siel dis nie die gewig wat aangebied word. Nerens op die spyskaart staan dat die gewig ter sprake ‘rou’ gewig is. Die klaer Lyndon v Wyk sou verseker nie sy skaaltjie saam gebring het as hy nie te vore probleme met die betrokke Spur gehad het.

Gene ·

So, Eben, jy koop jou vleis by Spar/PnP of die slaghuis dus per gewig wat dit weeg as dit gaar is? Nee man, julle dink soos julle alies, alle vleis word per rou gewig geadverteer en verkoop en gekoop. Die man het net n vet kans gevat en ek is bly hy is verkeerd bewys.

Smuts Esterhuyse ·

As die porsie dan vir jou te klein is bestel nog een as jy dink dit kos jou te veel geld kry vir jou ander eet plek
Mens kry wat jy betaal

MartinSc ·

Ek sal my eerder nie uitlaat oor die Spur se kos nie, maar ongelukkig is dit waar wat sommige lesers sê. Alle gewigte op ‘n Spyskaart verwys na ‘n klaar verwerkte, rou produk.

naamloos ·

Ek was spur manager vir 8 jaar en kan jou bja vertrel van hulle produkte en gewigte hulle doen hulle kliente in en en en

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.