Man klits kampterrein-rowers met kettie

Herman Engelbrecht. Foto Ryno Ellis / LookLocal Pretoria Noord

Herman Engelbrecht. Foto Ryno Ellis / LookLocal Pretoria-Noord

Herman Engelbrecht, ʼn inwoner van Pretoria, het verlede week probeer om rowers met ‘n kettie van sy kampterrein weg te dryf tydens ʼn kamp-uitstappie by die Bon Accorddam, noord van Pretoria.

LookLocal Pretoria-Noord het Dinsdag berig Engelbrecht was op Erfenisdag saam met vier kinders by die dam. Engelbrecht het twee van sy kinders en vriende se kinders geneem om te gaan visvang.

“Ongeveer 1:30 Woensdagoggend het ons ‘n geritsel in die bos gehoor en toe stap drie onbekende mans uit die bosse uit,” het Engelbrecht gesê. Die mans het aanhoudend hul flitslig in sy oë geskyn.

Engelbrecht het gesê hy het onraad vermoed en gereed gemaak om hom en die kinders met die kettie en drie albasters te beskerm.

Toe die rowers sien dat Engelbrecht gereed is om homself en die kinders te verdedig, het een van hulle hom in die hand geskiet. Hy het om sy voertuig gehardloop, die kettie gelaai en geskiet.

“Ek is seker ek het die een booswig raakgeskiet, want hy het daarna nog ‘n skoot geskiet maar my heeltemal gemis.”

Hy het intussen die drie mans probeer wegdryf van die tent waarin die kinders was, maar was onsuksesvol. Die booswigte het die kinders met ʼn vuurwapen gedreig en verskeie besittings afgeneem, waaronder selfone en Engelbrecht se kettie, voor hulle gevlug het.

‘n Saak van gewapende roof is by die Pretoria-Noord polisiestasie geopen, maar niemand is teen Dinsdag nogvin hegtenis geneem nie.

LookLocal berig Bon Accorddam is al sinoniem met gevaar weens verskeie gevalle van gewapende roof wat die oord al vir meer as ‘n jaar teister.

Bron: LoocLocal Pretoria Noord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,ek hoop jy het n duur les geleer,en ander kan by jou leer,,,,,,,,,,jy het verkeerde “kettie” gehad,,,en jy gaan nie na n “Gunfight” met n kettie,,,,,,,as jy so braaf was met n kettie,,sal jy defnitief ook n held gewees het,,,met n vuurwapen!,,,,ek Saluut jou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.