Man kom op vrou se lyk af

Johan Knoetze (66) het Vrydagaand op die bebloede lyk van sy vrou, Annette, in hul huis in Odendaalsrus in die Vrystaat afgekom.

Beeld berig dat Annette (64) vermoedelik met ʼn mes doodgesteek is. Knoetze het omstreeks 19:00 Vrydagaand by die huis aangekom waarna hy die gru-ontdekking gemaak het. Knoetze sê hy het die voordeur oopgesluit waarna hy haar skoene, met afgebreekte hakke, in die gang gekry voor hy haar lyk aangetref het. Sy het glo ʼn steekwond in haar bors gehad en haar polse was stukkend gesny. Knoetze sê sy vrou, ʼn oudonderwyseres, het beslis teruggeveg en by die noodknoppie probeer uitkom. Die egpaar was 42 jaar getroud. Annette word ook oorleef deur haar drie dogters en drie kleinkinders. Die polisie ondersoek die moord.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.