Man in koma ná armdruk-kompetisie hand uitruk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat gemoedere wou kalmeer tydens ʼn hewige armdruk-kompetisie by ʼn kroeg in Nieu-Seeland, is in ʼn koma nadat ʼn bierbeker hom getref het, berig stuff.co.nza.

Die polisie sê twee personeellede van twee maatskappye het Vrydagaand by verskillende kroeë gekuier voordat hulle na die Still Working-kroeg in Chartwell, Hamilton is. Die mans het besluit om ʼn armdruk-kompetisie te hou nadat hulle gestry het.

“ʼn 55-jarige sake-eienaar wou die gemoedere kalmeer, maar iemand het ʼn glas bierbeker na hom toe gegooi en hy is agter teen sy kop getref,” het speurder sers. Mark Greene gesê.

Die man is na Waikato-hospitaal geneem nadat hy sy bewussyn verloor het. Hy moes ʼn operasie ondergaan om die drukking op sy brein te verlig en hy word tans met medisyne onder verdowing gehou. Hy is steeds in ʼn baie ernstige toestand.

ʼn 23-jarige man sal binnekort in die Hamilton-streekshof verskyn op aanklag van roekelose minagting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.