ʼn 39-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend 6 meter ver uit die Sandton Convention Centre geval het.
Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê dit is nog onduidelik hoe die man geval het en dat die polisie die voorval ondersoek.
“Die man het veelvoudige kritieke beserings opgedoen. Hy moes met ʼn helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem word vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.
Die Sandton-brandweer was ook op die toneel om die man by te staan.