Man kritiek ná 6m-val by Sandton Convention Centre

Foto: Netcare 911

ʼn 39-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagoggend 6 meter ver uit die Sandton Convention Centre geval het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê dit is nog onduidelik hoe die man geval het en dat die polisie die voorval ondersoek.

“Die man het veelvoudige kritieke beserings opgedoen. Hy moes met ʼn helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem word vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die Sandton-brandweer was ook op die toneel om die man by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.