Man kritiek na hy amper verdrink

ʼn Man veg vir sy lewe nadat hy Sondagmiddag amper in die see verdrink het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die man het saam met vriende by die Virginia-strand gaan swem toe hy in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn het. “Gelukkig was daar omstanders wat die man te hulp kon snel. Hulle het hom na sy veiligheid op die strand gebring en hulp ontbied. Die man het sy bewussyn verloor. Hy is op ʼn ventilator geplaas en in ʼn kritieke toestand na die Addington-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.