Man kritiek ná hy oor snelweg hol

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Saterdag deur ʼn voertuig op die N1-snelweg in Pretoria getref is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk het naby die Lynnwood-afrit plaasgevind. “Na wat verneem word, het die man aan die kant van die snelweg gestop. Hy het uit sy voertuig geklim en na die middelman van die hoofweg gehardloop toe ʼn VW Golf hom getref het,” het Botha gesê.

Die man het veelvuldige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer. Die hoofweg moes gesluit word sodat ʼn helikopter kon land om die man na die Steve Biko-hospitaal te neem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.