Man kritiek ná motorfiets slaggat tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke maar stabiele toestand nadat sy motorfiets Vrydag vermoedelik ʼn slaggat op die R24-pad naby Magaliesberg in Gauteng getref het.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het ooggetuies gesien hoe die motorfiets ʼn slaggat tref, waarna die man beheer oor die fiets verloor en geval het. Die provinsie se nooddienste was eerste op die toneel en hulle het die man op ʼn draagbaar vasgemaak. “Die man was in baie pyn en het veral gekla oor ʼn pyn in sy bors,” het Meiring gesê. Die man het erge beserings aan sy bors, regterskouer en -knie opgedoen.

“Die man moes met ʼn helikopter van ER24 na ʼn hospitaal in Johannesburg vervoer word vir gevorderde behandeling en waarneming.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.