Man kritiek ná N3-ongeluk

Foto: @ER24EMS op Twitter

Foto: @ER24EMS op Twitter

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal ná ʼn ongeluk Woensdagoggend op die N3 buite Durban.

“ʼn Swaarvoertuig en ʼn motor het mekaar vroeg Woensdagoggend op die N3 naby Sherwood getref,” het Kyle van Reenen, woordvoerder vir ER24, gesê. “Die motor het glo die swaarvoertuig getref en daarna ʼn paar keer gerol.”

Die bestuurder was alleen in die motor. “Hy is uit die motor geslinger en het erge kopbeserings opgedoen.”

Paramedici het die man op die toneel behandel en met hom na die King Edward-provinsiale hospitaal gehaas. Hy is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deur die betrokke owerhede ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.