Man kritiek ná val by kerkbasaar

ʼn Man is Saterdag in ʼn kritieke toestand na die Milpark-hospitaal geneem nadat hy omtrent 10 meter ver geval het tydens ʼn kerkbasaar.

“Na wat verneem word, het die man, in sy vroeë 20s, van ʼn klimmuur afgeval het wat by ʼn kerkbasaar in Potchefstroom opgerig was,” het Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, gesê. “Toe die paramedici op die toneel aankom, het hulle die man in ʼn kritieke toestand op die grond aangetref. Hy is vir kop-, rug- en nekbeserings behandel. Hy het ook ʼn been gebreek. Die man is met ʼn helikopter na die hospitaal geneem vir spesialisbehandeling.”

Dit is nog nie seker wat die fratsongeluk veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.